Chanette
It was truly an honour and a blessing meeting Chanette and having her choose us to make her dream wedding dress. The love for life she exudes is contagious and we had many happy tears in our studio during the dressmaking process with her. Here she shares her very special wedding planning journey with us: (You can just feel the love in these photos)
How did you meet your husband and how did you get engaged?
Ons het saam geswot by die NWU: Potchefstroom (Pukke). Eintlik het dit al begin in 2011, maar sonder dat enige een van ons bewus was van mekaar. Hy was in Italië vir sy skool se koortoer en ek was ook in Italië vir my skool se akademiesetoer. Ons het by dieselfde “hostel” in Florence oorgebly. Hulle het geoefen en toe vir die hele “hostel” ge“serenade”. Jare later toe ons uiteindelik werklik ontmoet en ons gesels oor die verlede en oor die spesifieke toere, net om terug te gaan op die foto’s wat ek geneem het en dar staan hy, besig om te sing, sonder dat ek weet my trouman staan daar onder. Ons het toe uiteindelik op die 26ste Februarie 2016 mekaar ontmoet, ons was albei huiskomiteelede van ons onderskeie koshuise en ons moes daardie spesifieke Vrydag Pretoria toe kom om matriekleerders vir ons koshuise te werf. Die res is seker maar geskiedenis en van toe af het ons nie een dag laat verby gaan sonder om met mekaar te gesels nie. Hy het my die 9de April 2016 uitgevra op Hartbeespoortdam se berg met die kabelkarretjies en ek het geweet die man is romanties, min geweet wat wag vir ons verlowing… Op die 22ste Desember 2019, toe vra hy my om te trou op Pearly Beach. Ons het gaan perdry op die strand, hy moes alles so beplan dat hy die sonsondergang regkry om dit nou ekstra romanties te maak, soos die man wat hy is, maar toe vra hy my op die langste dag en die kortste nag so die son het later gaan sak as wat hy gewoonlik doen, die spanning was vir hom meer uitgerek. Om dit nog so bietjie erger te maak, het hy die ring in sy baadjie se sak gebere en dit om sy lyf gebind, toe hy op ‘n stadium afkyk het hy gesien sy baadjie het afgeval. Ons het so in die verte ingekyk en die branders sien spoel oor die baadjie, ek het gedink dis snaaks, maar hy was duidelik nie beindruk met die situasie nie, want daar binne in was die mooiste ring ooit. Na al die opwinding het ons gery tot op ‘n duin, met die son wat uiteindelik begin sak het hy ook op sy knieg gesak en die ja-woord gevra.
Where did you get married and why did you choose that venue and time of year for your wedding?
Whispering Thorns in Witrivier. Dit was nog altyd my droomvenue. Ek ken die tannie wie se venue dit is, omdat ek groot geword het in Witrivier. Net nadat sy die grond gekoop het waarop die venue is, het ek my matriekafskeid foto’s daar gaan neem in 2013. Dit bly die spesiaalste om te weet hoeveel harde werk en liefde sy daar in gesit het om die venue te groei tot waar hy vandag is. Verder meer is dit net so ongelooflik mooi en hulle dra mens so op die hande, ek het nie ‘n vinger gelig nie en hulle het seker gemaak elke liewe idee en droom van my word omgeskakel in die werklikheid.
Oor die tyd, ek hou glad nie van koudkry nie, so die winter was net nie ‘n opsie nie. Die lente en somer is die mooiste tyd in die Laeveld met alles wat so groen en welig groei. Maar die somer is net te warm, so toe werk dit perfek uit dat hulle November ‘n datum oop het vir ons.
What was the vibe of your wedding?
Dit was minimalisties-romanties. As dit ooit ‘n “vibe” is. Haha!
How did you hear about The Wedding Collective?
Ek follow jou op Instagram al van vir altyd af. Ek kan nie eers onthou hoe lank al nie, maar ek het geweet ek gaan my rok by jou kry nog voordat ek verloof was.
What made you choose your wedding dress?
Wanner jy weet, weet jy. Dis soos om jou man te kry, dis nie ‘n gevoel wat iemand kan verduidelik nie, maar mens weet net. Ek het seker nog 8-10 rokke na my Ally aangepas en nie een het my so laat voel soos sy nie!
How was your wedding dress experience from fittings to the final product?
So kosbaar en spesiaal, Mari het later meer soos ‘n vriendin geword as ‘n ontwerper. Elke liewe fynste detail was na opgelet, sy is ‘n perfeksonis en sal nie laat jy daar uitstap as elke naat en elke knopie nie presies op sy plek is nie. Haar liefde vir haar werk en vir my is so opreg en aansteeklik.
Do you have any advice or tips for new brides-to-be looking for their perfect wedding dress?
Moenie teveel mense vat nie, mense se opinies maak jou kop draai. Vertrou jou “gut feeling” en jou hart en bly “true to yourself”.
Who was your wedding photographer?
Duck Soup Productions
Any other vendors you would like to recommend to new brides-to-be?
Whispering Thorns
What was your most memorable part of your wedding day?
Daar is net teveel, hoe sonder mens een uit? Maar die Here se teenwoordigheid en Sy Hand van seën in elke liewe aspek van die dag was so tasbaar en kosbaar.
Do you have any advice regarding the overall planning of a wedding?
Betrek jou verloofde, moenie alles op jou eie probeer doen nie, jy is ook net een mens. Dit is die lekkerste tyd van julle verhouding, geniet mekaar en geniet die beplanning net so baie soos die troudag!